die ander-isabel (en nee, haar naam is ook nie isabel nie) is nou besig om die stripper-storie te lees...... ek is nogal senuweeagtig, en nuuskierig om uit te vind wat sy dink. sal sy van die storie hou? of maak dit haar (soos vir my) net hopeloos deurmekaar? ek het al oorweeg om die eerste paar hoofstukke vir hjp te stuur maar dis nog so 'n gemors. daar is soveel los drade, soveel goed wat net nie sin maak nie. party van die atrocities is op die ingewing van die oomblik ingesit, soos dat nina se pa met haar gelol het - ek vermoed dis nie waar nie. wel, miskien is dit. die krismisrose freak my nog uit.
in elk geval..... ek het vandag vir fifi laat weet dat my posadres verander, en hoop om hierdie veertien-jaar korrespondensie binnekort te hervat. daar is iets magical aan papierbriewe (snailmail, soos hulle dit op tv noem) - die reuk van die papier, die oopskeur van die koevert, die interessante posseƫls wat ons nie op hierdie f.d'up klein dorpie kry nie..... en prentjies in die kantlyn, akkurate aanduiders van die skrywer se gemoedstoestand op daardie tydstip. elektroniese pixels op 'n vyftienduim skerm is net nie dieselfde nie.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment