Thursday, August 14, 2008

miskien...

miskien is hy dood?

Monday, August 11, 2008

magiese ruimte

Luister:

Nog ‘n magiese ruimte: In by die elektriese hek, om die gebou – onder die geelvink-se-boom verby en ‘n entjie later Absalom-se-bos – dan by die hekkie in, op met die trappe en trek jou skoene uit voor jy uiteindelik die heiligdom betree.

Visse in die groot akwarium. Teelvloer. Min gordyne. Potpourri. Allerhande klein kakkies op die rak langs die voordeur. Houtmodelletjies (vis, chinese junk, arend-op-aarbol) in kaal vensterbanke. Windchimes. Reekse twee tot tien van die Simpsons. Vooruitbeplande maaltye in die yskas, pasta en groente en vleis. Tattoeërink.

‘n Kamer wat eintlik ‘n shrine is, ‘n gebed of versugting vir die dogter wat nooit gaan terugkom nie. ‘n Ander kamer met Oosterse goetertjies, vir die seun wat ook lankal uit die huis is: getroud, ‘n vader, verward.

‘n Kamer met ‘n groot ou bed, gekurfde kopertralies aan koppenent en by die voete. Stemme in die nag – maar in hierdie namiddag is dit stil. Snuisterye op die bedkassies, herinneringe, liefde en verlies.

‘n Aand op die balkon/stoep, kerslig en lasagna. Meestal verlies.

Sunday, August 03, 2008

Friday, August 01, 2008

terugkeer

Ek moet my fokken kop laat lees.

Tuesday, July 01, 2008

onthou

Hoekom onthou my lyf jou nog?

Wednesday, June 18, 2008

lewe nog

Ja, die lewe gaan aan. Tussen werk en gym en depressie is daar seker nie veel tyd vir ander dinge nie, of hoe? Maar ek is okay.
Intussen stuur ek nog "check the moon" sms'e vir N, en kry darem 'n reaksie. Ek hou baie meer van die sogenaamde verhouding noudat ek nie meer IN 'n verhouding met hom is nie. Baie makliker om sommer net my oë te rol of weg te kyk as hy weer in 'n rigting indonner. Ek hoef nie aandagtig te luister nie. Ek hoef nie te maak asof ek belangstel nie. Ek hoef nie anxious te raak as hy (weereens) laat opdaag vir 'n koffiedate nie. En dit was goed om Jonathan weer te sien.
Hmm. Korea. Dit begin soos 'n definitiewe opsie lyk, maar nie binne die volgende jaar of twee nie. N sê hy is jaloers op my: omdat ek kan gaan, as ek wil. Daar is niks wat my hier hou nie.
En dis waar. Ek is 'n vrye agent, ek kan kom of gaan soos ek wil en niemand sal my nou juis mis as ek weg is nie. En ek is nog jonk - time is on my side.

Wednesday, June 04, 2008

diary of a breakup deel 2

I: Let me know if you want to go to the track 2mo, and what time

(2 dae later):
I: Hmm… Relationship over?
(geen reaksie)
I: The reason? I got tired of being at the bottom of your list of priorities, and you’re not going to change. Neither am I.
N: I understand
I: Thanks.

I: Jip, ek’s al weer single – what a relief!
Wilmarli: O gats wat het gebeur?
I: Niks drasties – het net agtergekom ek stamp my kop teen ‘n donnerse muur, so I give up. Relationship over. Everybody get on with their lives. Gelukkig moet ek Isabel edit, gaan begin gym, miskien deeltyds klasgee – bly besig, reg?
Wilmarli: Reg aanhou beweeg en geraas maak :-) en miskien help ‘n bottel rooiwyn ook ‘n bietjie
I: Jip!

I: Hi, I forwarded a draft of Sanko’s korea story, ch 1, to your hotmail address. Thought you might be interested.
N: Thanks

I: Jip, ek en N is nie meer saam nie – beste besluit wat ek ooit gemaak het, voel tonne beter :-)
Mitz: Sorry girl! maar ek dink jys beter af….b strong…lul.

N: Sanko asked for those Korean and weird religious/cult dvd’s he lent me a couple of months ago. Can’t find them. Did I perhaps lend them to you? Help! :-)
I: Far as I know you gave them back without watching. Btw, certificates only ready next week
N: Thanks

N: U can come over now if u like
I: Bit busy, 2mo better, ok? Say around 3pm
N: Ok

I: Wat ‘n boring naweek!
Wilmarli: Lekker dis waarvoor naweke in di winter is om voor di hiter of onder ‘n bersie te loaf
I: True, ma ek gaan more my stuff by N haal – moet konsentreer om nie te baklei nie, pointless.
Wilmarli: Vat miskien ‘n maatjie vir morele ondersteuning?
I: Nah, sal sterk wees.

I: Thanks for making things so easy
N: Hey, can’t throw the baby out with the bath water, right? :-)

Wilmarli: Hoe het gister toe gegaan het jy jou stuff gaan haal?
I: No problem, almal mos al mooi groot met goeie maniere, hehehe…

And she lived happily every after. Hy waarskynlik ook.


diary of a breakup deel 1

Mitz: Hoop jy voel beter vandag… dink aan jou! lovies mitzi
I: Baie beter :-), het besluit ek het tyd en afstand nodig – bietjie dink wat EK wil hê. Baie dankie vir gister x
Mitz: Ja-nee nou kom jy reg… goodluck met als…beste besluit wat jy kan vat girl!!


I: Hi, N sê hy dink ook ons het ‘n time out nodig. Ek wens hy wil bietjie dink oor OF hy my in sy lewe wil hê, en wat hy sal doen om my te hou – soos ‘n bietjie consideration
Mitz: Girl ek se only time wil tell… vat jou space… rem, if u love somtng..let it go.. if it comes bk.. its urs.. if it dsnt..it neva was!

I: How’s life? Anything interesting happen today?
N: Hey you! Just watched Half Nelson with Pete. Actually better second time around. Lol. Also finished your muffins off (didn’t give Pete any). Other than that: same old, same old. U?
I: Nothing much happening here, quiet day. Sleep tight x
N: Nite nite.x

I: Exotic news! Publishers want a writer’s bio & pic of me – definite possibility of getting published :-). Just wanted to share that with you
N: Great news, I would say :-) Thanks for sharing that and I will be holding thumbs this side.
N: Sweet dreams. x
I: Ditto x

(later):
I: I miss you a little, sometimes. The distance is good, though.
N: I guess so…
I: Too much distance? Too little?
N: It’s not a distance thing, sis. We both know that. Stakes go too high, patience runs out, priorities change, who knows? Who cares? Just trying to make sense of the joke we call our lives, right? Right?
I: Right now I have my own priorities and the stakes – for me, at least – are way down. Just wish you could have found a kinder way to get the message across. But I learned.
N: That was the “kind” version. I used “we”, not me and you.
I: Was actually referring to Panarottis. And wondering: am I still involved in your life, and to what extent? Do “we’ have plans to do tefl teaching together?
N: U ask this with a sms?
I: You’re not here.
N: Are you being serious now?
I: Just need to know where (and if) I fit in.
N: That I understand. What I don’t get is why you’re bringing this up now and in this way.
I: Face to face is awkward for me, might get emotional = extra pressure. I’m enjoying tefl classes, think I might be good at teaching, but don’t want to go over alone. And started this evening a little ;-), but the conversation mutated into death & potatoes, as usual. Sorry about that.
N: Talk later
I: Ok
N: What are your travelling arangements tomorrow?
I: Assume you pick me up at home, after 5?

(na ‘n agonising trip Potch toe en terug, doodse stilte, atmosféér…)
I: I guess if we were going to talk, we would have – so I have my answer
N: Me too

I: The questions were asked last night, all you needed to do was tell me what you wanted. Still strange: that we could go from being lovers and (I thought) friends, to less than acquantainces, in the blink of an eye. Don’t quite know how that happened.
N: I saw you walk away 2 weeks ago. And I don’t take rejection well. In my book, no news is bad news. What little news I got, when I got it, was hurtful. Still is.
I: I needed a little space to clear my head, get perspective. The intention was never to hurt you and it wasn’t rejection. I still need you. I was willing to go anywhere with you but what’s the point if you don’t want/need me? Last week we talked about giving each other space and I thought ok, back off. Since then you’ve basically ignored me. What do you want from me?
N: I am going to sleep on that one. Good night.

(volgende dag):
N: A “little space” is cool. Pick you up at 5.15pm?

And they lived happily every after - for a while.

Monday, April 28, 2008

oor 'isabel'

oja, "isabel" word tentatief in 2009 gepubliseer. dineke by lapa uitgewers het heel positief geklink. ek het net 'n helse klomp veranderings om te maak - dinge wat die hele storie gaan affekteer, so..... hou maar duim vas!
dis nogal moeilik om weer deur alles te werk, dinge wat ek oor my ma geskryf het ensovoorts. moeilik om te dink ek was 3 jaar gelede so deurmekaar en so depressief. is ek nou beter? hmm. nie seker nie. die medikasie help - maar maak ook ongelukkig dat ek nie meer in daardie space is waar ek "isabel" geskryf het nie. baie water onder die brug, in die laaste paar jaar. dis beter om nie so lank na die tyd terug te gaan na wat jy toe geskryf het nie. alles lyk belaglik, en dit maak seer.

parys - of nie

lyk my n. beplan 'n trip na parys - en nee, nie daai parys nie. ek praat van die een met die eiffel toring en croissants en baguettes en watookal nog.
is ek uitgenooi? nie eksplisiet nie - maar ek het myself tentatief genooi en die reaksie was positief. so ek gaan saam. one way or another.

Wednesday, April 16, 2008

koue oorlog

die koue oorlog het nou 'n piek bereik. moontlik is daar sprake van rekonsiliasie. ek vergewe - maar ek vergeet nie. my geheue is lank en ek wil nie weer seerkry nie.
wie se skuld was dit?
waar het dit begin?
geen mens weet nie. ek ook nie. weet net ek kan sonder hom lewe maar ek is so gewoond aan sy asemhaling in die nag. en 'n hele jaar..... hoe gooi mens daardie tyd net so weg? hoe skakel jy jou gevoelens aan of af? en hoeveel keer moet ek terugkruip na ek soos 'n hond weggeskop is; hoeveel keer moet ek vergewe en vergeet en maar weer gebliksem word? hoeveel is te veel?
daar was geen fisiese geweld nie. net woorde. maar dis erger, vir my. woorde is my lewe, my asem. my eerste tattoo was die frase "once upon a time", onder my regterarm. naby my lyf maar ver van my hart. onder my vel, in elk geval. woorde maak seer.
as dit vir hom so maklik was om my weg te gooi - en so moeilik om te aanvaar dat ek moes weghardloop, net vir 'n rukkie - is daar hoop?
en tel sms'e as dialoog? want dan beteken dit ons "praat" ten minste oor ons gevoelens. weet nie of daar 'n happy ending vir hierdie een sal wees nie.
isabel het al genoeg gebloei; nog is onnodig.

Tuesday, April 08, 2008

nagsorg

oor en oor in die donkerte: ek is oukei, dit maak nie saak nie. ek's oukei.
ek is moeg vir bloed en trane.
ek hoop "isabel" word gepubliseer.
ek hoop ek kan die volgende jaar oorleef - wel, nee. ek SAL oorleef.
net 'n bietjie meer isabel, minder ek. isabel sou nie oor al hierdie dinge wakkerlê nie. sy sou emosieloos aanbeweeg, moontlik moord pleeg maar definitief nie slaap verloor nie.

mind over matter: never mind, it doesn't matter

dis soos om te skei: jy lê in die donker, jou oë opgeswel, terwyl jou kop draai en draai - jy gaan deur elke gesprek, ondersoek elke woord, elke nuanse van betekenis in hoe hy sy kop gehou het toe hy --
maar nee. jy dink: fok dit. jy besef: jy het dit wragtag nie nodig nie. jy is meer werd. hy kan optree soos hy wil maar JY - jy self bepaal hoe dit jou affekteer. of nie.
en dan hou jy op met huil, en jy kan weer praat. selfs in sy geselskap wees, skerts en lag en bydra tot die gesprek - sonder om pateties te wees of in trane uit te bars. en die wete maak jou sterk; sterker. jy kan weer alleen wees en dis 'n seën. om sy kinders te hê sou absolute malligheid gewees het - goddank jy het nie. jy hoef nie meer bang te wees dat hy jou gaan los nie. jy het HOM gelos. cool.

Thursday, April 03, 2008

oorlewing

dit raak makliker om asem te haal.

Tuesday, April 01, 2008

hello - weer

my lewe is al weer deurmekaar. weet nie meer nie. niks maak sin nie. darem vandag goeie nuus gekry: lapa uitgewers wil heel moontlik my manuskrip publiseer. ek is nogal opgewonde, maar wil nie te gou bly raak nie. daar is in elk geval soveel ander goed wat my aandag verg....

ek weet nie wat om te doen nie. is hy lief vir my? het hy my nodig? het ek hom nodig?

verdomde troue is agter die rug, en daar was soveel familie-politiek dat dit skoon onaangenaam was. die bruid het mooi gelyk. die kos was lekker. ek het tussen n. en die bruid se broer gesit. en die volgende dag het ek gecrash. migraine pille gedrink en gaan slaap - en twee ure later sit ek in die bloedige son en kyk hoe groot mans op motorfietse rondry. eintlik geniet ek dit maar dit het omtrent 4 ure aangehou en ek het nie baie goed gevoel nie.

n. en ek is op 'n week se time-out - weet nie eintlik wat dit beteken nie alhoewel dit my idee was. ek weet net ek kan nie so aangaan nie. ek moet kan asemhaal, en vry rondbeweeg, en vroeg gaan slaap, en laat opstaan. ek kan nie my hele lewe net so aan hom oorgee nie. dan laat ek toe dat hy my lewe - en my toekoms - dikteer.

not cool.

Friday, February 15, 2008

nuwe jaar

nuwe jaar, nuwe dinge.....
dis februarie, die maand van liefde. my lewe is nog steeds complicated, maar dis oukei. daar is kinders en (binnekort) 'n kleinkind (stief-, of so iets). ek het weer begin verf. n en ek doen binnekort die tefl kursus. die meestersgraad sal hopelik volgende jaar gebeur.
wat nog?
oja, 'skoonseun' trou einde maart en dit beloof om 'n interessante okkasie te wees.
nie juis ander nuus nie. ek is gelukkig
.