oja, "isabel" word tentatief in 2009 gepubliseer. dineke by lapa uitgewers het heel positief geklink. ek het net 'n helse klomp veranderings om te maak - dinge wat die hele storie gaan affekteer, so..... hou maar duim vas!
dis nogal moeilik om weer deur alles te werk, dinge wat ek oor my ma geskryf het ensovoorts. moeilik om te dink ek was 3 jaar gelede so deurmekaar en so depressief. is ek nou beter? hmm. nie seker nie. die medikasie help - maar maak ook ongelukkig dat ek nie meer in daardie space is waar ek "isabel" geskryf het nie. baie water onder die brug, in die laaste paar jaar. dis beter om nie so lank na die tyd terug te gaan na wat jy toe geskryf het nie. alles lyk belaglik, en dit maak seer.
Monday, April 28, 2008
parys - of nie
lyk my n. beplan 'n trip na parys - en nee, nie daai parys nie. ek praat van die een met die eiffel toring en croissants en baguettes en watookal nog.
is ek uitgenooi? nie eksplisiet nie - maar ek het myself tentatief genooi en die reaksie was positief. so ek gaan saam. one way or another.

Wednesday, April 16, 2008
koue oorlog
die koue oorlog het nou 'n piek bereik. moontlik is daar sprake van rekonsiliasie. ek vergewe - maar ek vergeet nie. my geheue is lank en ek wil nie weer seerkry nie.
wie se skuld was dit?
waar het dit begin?
geen mens weet nie. ek ook nie. weet net ek kan sonder hom lewe maar ek is so gewoond aan sy asemhaling in die nag. en 'n hele jaar..... hoe gooi mens daardie tyd net so weg? hoe skakel jy jou gevoelens aan of af? en hoeveel keer moet ek terugkruip na ek soos 'n hond weggeskop is; hoeveel keer moet ek vergewe en vergeet en maar weer gebliksem word? hoeveel is te veel?
daar was geen fisiese geweld nie. net woorde. maar dis erger, vir my. woorde is my lewe, my asem. my eerste tattoo was die frase "once upon a time", onder my regterarm. naby my lyf maar ver van my hart. onder my vel, in elk geval. woorde maak seer.
as dit vir hom so maklik was om my weg te gooi - en so moeilik om te aanvaar dat ek moes weghardloop, net vir 'n rukkie - is daar hoop?
en tel sms'e as dialoog? want dan beteken dit ons "praat" ten minste oor ons gevoelens. weet nie of daar 'n happy ending vir hierdie een sal wees nie.
isabel het al genoeg gebloei; nog is onnodig.

Tuesday, April 08, 2008
nagsorg
oor en oor in die donkerte: ek is oukei, dit maak nie saak nie. ek's oukei.
ek is moeg vir bloed en trane.
ek hoop "isabel" word gepubliseer.
ek hoop ek kan die volgende jaar oorleef - wel, nee. ek SAL oorleef.
net 'n bietjie meer isabel, minder ek. isabel sou nie oor al hierdie dinge wakkerlê nie. sy sou emosieloos aanbeweeg, moontlik moord pleeg maar definitief nie slaap verloor nie.

mind over matter: never mind, it doesn't matter
dis soos om te skei: jy lê in die donker, jou oë opgeswel, terwyl jou kop draai en draai - jy gaan deur elke gesprek, ondersoek elke woord, elke nuanse van betekenis in hoe hy sy kop gehou het toe hy --
maar nee. jy dink: fok dit. jy besef: jy het dit wragtag nie nodig nie. jy is meer werd. hy kan optree soos hy wil maar JY - jy self bepaal hoe dit jou affekteer. of nie.
en dan hou jy op met huil, en jy kan weer praat. selfs in sy geselskap wees, skerts en lag en bydra tot die gesprek - sonder om pateties te wees of in trane uit te bars. en die wete maak jou sterk; sterker. jy kan weer alleen wees en dis 'n seën. om sy kinders te hê sou absolute malligheid gewees het - goddank jy het nie. jy hoef nie meer bang te wees dat hy jou gaan los nie. jy het HOM gelos. cool.

Thursday, April 03, 2008
Tuesday, April 01, 2008
hello - weer
my lewe is al weer deurmekaar. weet nie meer nie. niks maak sin nie. darem vandag goeie nuus gekry: lapa uitgewers wil heel moontlik my manuskrip publiseer. ek is nogal opgewonde, maar wil nie te gou bly raak nie. daar is in elk geval soveel ander goed wat my aandag verg....
ek weet nie wat om te doen nie. is hy lief vir my? het hy my nodig? het ek hom nodig?
verdomde troue is agter die rug, en daar was soveel familie-politiek dat dit skoon onaangenaam was. die bruid het mooi gelyk. die kos was lekker. ek het tussen n. en die bruid se broer gesit. en die volgende dag het ek gecrash. migraine pille gedrink en gaan slaap - en twee ure later sit ek in die bloedige son en kyk hoe groot mans op motorfietse rondry. eintlik geniet ek dit maar dit het omtrent 4 ure aangehou en ek het nie baie goed gevoel nie.
n. en ek is op 'n week se time-out - weet nie eintlik wat dit beteken nie alhoewel dit my idee was. ek weet net ek kan nie so aangaan nie. ek moet kan asemhaal, en vry rondbeweeg, en vroeg gaan slaap, en laat opstaan. ek kan nie my hele lewe net so aan hom oorgee nie. dan laat ek toe dat hy my lewe - en my toekoms - dikteer.
not cool.

Subscribe to:
Posts (Atom)