Die kunsklasse help regtig. Dis asof my kop oopmaak en die weirdste goed kom uit. 'n Deel van my brein wat ek nie elke dag gebruik nie, word wakker. En as ek so voel, moet dit selfs erger vir N wees.....
Ek het 'n paar dae gelede my ma geskets - eteries, bleek, oud - lyk bietjie soos my ouma. Soos ek haar onthou, in daardie laaste paar dae. Vandag het ek my pa probeer teken - heelwat donkerder hale, meer plooie, meer emosie in my hand op die houtskool. Ek het die laaste tien jaar meer op my ma gefokus: haar pyn was alles. Maar wat van my pa?
Noudat ek en N saam is, verstaan ek die pa-ding beter. 'n Pa moet sorg vir sy kinders. Dis hoe dit behoort te wees. Beteken dit die vader-figuur moet elke dag daar wees? Wel, ek sal nooit weet nie. N dink seker omtrent elke oomblik van elke dag aan sy kinders, en dis amazing. Die kunsklas mobile (tattoo needles aanmekaargesoldeer, met foto's van kunswerke en klein goetertjies wat sekere eienskappe van die kinders uitbeeld) word eers Saterdag gemaak en ek kan nie meer wag nie. Is sommer opgewonde.
Op 'n positiewe noot: ek het vandag vir die prokureur 'n email gestuur - wil hierdie donnerse egskeiding nou uitsorteer en verbykry. Dinsdag met Marna gepraat en sy was heel resigned met die hele idee dat T dalk weer by hulle sal gaan bly. Bly ek is nie sy nie.
Thursday, August 16, 2007
Saturday, August 11, 2007
die eks
So 'n eenvoudige opmerking - en so fokken insensitive. Asof ek nie genoeg insecurities het nie. Het ek rede om te wonder? Wat maak ek in elk geval hier?
Vandag saam met N gaan kyk vir klein goedjies wat die kinders simboliseer, om aan die mobile te hang (vir kunsklas, natuurlik). Dit was cool, net moeilik om uiteindelik tussen so baie kinderspeelgoed te wees. Sy liefde vir sy kinders is duidelik - en hulle sal altyd sy eerste prioriteit wees. So waar pas ek in? Of eintlik: pas ek in? Nee.
More oggend gaan ons weer sleutelhouers soek: met prentjies. Twyfel of ons die Pieta, Ophelia of Dali se Crucifixion of St John op sleutelhours gaan kry, maar mens kan net hoop.....
Ek kan sien ek gaan baie meer sjokolade nodig hê om hierdie verhouding te oorleef.

Sunday, August 05, 2007
vrydagaand
Amazing aand gewees - eers drinks by Fausto's (3 Jägermeisters met red bull), toe die Simpsons movie - toe terug Fausto's toe vir tequila & foccaccio. Baie tequila. Oorgenoeg. En cherry cigars. En koffie. Eugene was saam - het met sy ph.d en sy lang hare gesit en rook en die wêreld gadegeslaan. N was happy, en rustig. Ek ook.
Later het ons na sy woonstel teruggegaan, en hy het my oorreed om oor te slaap. En met Eugene in die volgende kamer het ons geslaap - en wakker geword - en weer geslaap. Idillies.
Die volgende oggend was dit koffie en beskuit, toe huis toe.
Hulle was so pas weer hier; ek het N genooi vir aandete en hy het Eugene saamgebring. Ek kan nog steeds niks proe nie maar hulle het gesê dis lekker. Eugene rook te veel, vermoed hy het baie stres. Slegte hoes.
Dit was goed om N weer te sien, wens net hy kon langer bly. Sondagaande is ook al 'n tradisie; beste manier om 'n naweek te eindig is in sy arms.

Subscribe to:
Posts (Atom)