Ek is nie meer seker van enigiets nie, maar dis goed.
Het vandag my pa gebel (dit is Vadersdag) en soos gewoonlik net 'n paar minute gesels voor hy sê: "Nou maar oukei, my kind." Dis die internasionale signal vir my-pa-kan-nie-langer-as-vyf-minute-oor-die-foon-praat-nie. Dit was goed om weer met hom te praat; hy klink gelukkig.
Gisteraand het ek N gaan "red" - hy was in 'n moeilike situasie en nie mooi seker hoe om homself daar uit te kry nie. Dit voel goed om ook darem iets by te dra; dit voel partykeer asof ek 'n las is wat hy opgeneem het. Hy hanteer dit goed maar ek voel skuldig oor ek nie so onafhanklik of sterk is soos ek voorgee nie.
Ek is in 'n goeie bui. Wonder of ek hom vanaand sien? Dit raak laat. Seker nie. Maak ook nie saak nie. Ek gaan nou-nou vir my 'n koppie tee maak en kyk wat is op tv.
Oja! Ek het weer na die stripper-storie gekyk. Dis deurmekaar maar daar is dele waarvan ek baie hou. Dit gaan seker 'n week of wat vat om alles uit te sorteer, maar dis oukei - ek het baie tyd. Klaar geswot! Hopelik.....
Sunday, June 17, 2007
Friday, June 15, 2007
Thursday, June 07, 2007
weer: bloed
wat maak mens as jy sukkel om uit 'n situasie te ontsnap? as jy jouself daar wil uitwurm maar jou gewete en jou upbringing stry daarteen? soos S sê: fokken calvinisme.
in elk geval, onthou hierdie pleknaam: kotulong hospice in meyerton. dis waar hy is - en ouboet het dit vanoggend bevestig. wat gaan ek doen? egskeiding sleep voort, maar gaan dit betyds wees? ek wil NIE 'n weduwee wees nie! moet ek vir hom gaan kuier? is dit die "regte" ding om te doen? ek wil hom nie weer sien nie.
en hierdie ander man..... ek is lief vir hom. raak liewer met elke dag, elke ontmoeting - elke keer wat hy my hand vat of my koffie drink of met 'n enkele laat-somer roos hier opdaag. is dit moontlik om so vinnig, so lief vir iemand te raak? ek weet nie.
in elk geval, my een ontvangsdame is swanger en dis depressing - dit behoort ek te wees. kan ek kinders kry? dit lyk onwaarskynlik. is dit regtig so belangrik? nee. en ja.

Subscribe to:
Posts (Atom)