Monday, October 01, 2007

poskaart

Ek het vandag 'n poskaart gekry. Van Duitsland af: wit-en-swart, 'n outyds gestileerde dining room met nie 'n mens in sig nie. Klinies. Koud. Ten minste het hy onthou.
Nog net twee slapies, soos ons kleintyd gese het.
En ek wou nog vir Emma leer baby marrows eet. (nota: Emma is 'n groot alge-etende vis, een van daardie lelike khaki-en-bruin-spikkel gediertes)
Ook: 'n ou vriend raakgeloop op Facebook - destyds die koue skouer gekry (en gewys) maar deesdae is dit alles water onder die brug. Wat is die Afrikaanse uitdrukking? Ek vergeet.
Vanaand kunsklas; moet die portret klaarmaak.
My lewe is te besig. Ek raak agter.

No comments: