Thursday, March 08, 2007

eendag 2

isabel is nou sommer heeltemal deurmekaar. al die seine wys verskillende rigtings in, 'n toekoms is nie verseker nie (aldus hom) en self is haar eie hede en verlede nog te vars in die geheue.
hy glo nie in happy endings nie, het hy haar mooi laat verstaan. hy glo nie in enigiets nie. sy wonder nog steeds hoe hy dit regkry om in die oggend op te staan, as hy oor niks omgee nie. maar dis deesdae 'n abstrakte soort wonder. sy het immers al self vir jare gedwaal en net mooi niks omgegee nie. mens raak gewoond aan die grysheid.
deesdae, danksy die miracle-pilletjies, het sy weer motivering en lus vir die lewe. en danksy hom. sy het nie gedink dit sal ooit verder as net seks gaan nie. maar tog is daar iets in sy oë as hy na die tyd vir haar kyk - asof hy deur haar kyk, of tot binne-in haar. asof hy hou waarvan hy sien.
sy voel beautiful as hy aan haar raak - en hy doen dit langsaam, dikwels, deeglik.
hulle het saterdag saam 'n doktersafspraak. miskien is dit die begin van groot dinge. of die begin van die einde.

No comments: