Friday, March 30, 2007

vreemde dae

Dit is vreemde dae..... Dis asof ek nie genoeg van hom kan kry nie - maar so nou en dan is oorgenoeg. My lyf ken die kontoere van syne, en ons pas bymekaar. En inmekaar. Dis uncomplicated - en tog so verskriklik verstrengel met alles wat reeds gebeur het. Daar is iets vreemd in sy oë wanneer hy na my kyk. Gisteraand het ons 'Vanilla Sky' gekyk - nice movie. En na die tyd, tussen sy lakens toe hy kom, fluister hy: "On so many levels....."
'n Ander keer: "What are you doing to me.... what are you doing to me..... oh, what are you doing to me....."
Ek weet nie wat ek doen nie. Hy hou van my oë; hy streel oor die kurwe van my heup en laat sy hand op my magie rus - "womanly," sê hy. Hy wonder of ek so interessant is as wat ek voorkom. Hy vra of ek so eensaam is soos hy. "That's what I was afraid of."
Miskien vul ons 'n leegheid in mekaar. Miskien is ons (dus ook ek) regtig so leeg soos hy dink. Dis scary. Is ek leeg? My lewe vloei inmekaar, my siel verkrummel as hy aan my vat. Ek sit my arms om sy nek en ek sug - en sidder - as hy aan my raak. Hy is swaar bo-op my, vat my asem weg. Sy hitte verskroei my. Ek kan aanhou om dit te doen tot ek negentig is, sê ek gisteraand vir hom en hy lag. Hoekom nie? sê hy.
Hoekom nie?
Daar is baie redes. Alles trek suid, ook my verlange. Gaan daar 'n tyd kom wat ek hom nie wil hê nie? Of, erger: 'n tyd wat hy my nie wil hê nie? Ons het gesê die physical is net bysaak; eintlik gaan dit oor die ewigdurende gesprek (wat post-coital draal en draai en my kop net deurmekaarder maak). Maar dis 'n leuen. My lyf mis hom klaar.

No comments: