Thursday, June 07, 2007

weer: bloed

wat maak mens as jy sukkel om uit 'n situasie te ontsnap? as jy jouself daar wil uitwurm maar jou gewete en jou upbringing stry daarteen? soos S sĂȘ: fokken calvinisme.

in elk geval, onthou hierdie pleknaam: kotulong hospice in meyerton. dis waar hy is - en ouboet het dit vanoggend bevestig. wat gaan ek doen? egskeiding sleep voort, maar gaan dit betyds wees? ek wil NIE 'n weduwee wees nie! moet ek vir hom gaan kuier? is dit die "regte" ding om te doen? ek wil hom nie weer sien nie.
en hierdie ander man..... ek is lief vir hom. raak liewer met elke dag, elke ontmoeting - elke keer wat hy my hand vat of my koffie drink of met 'n enkele laat-somer roos hier opdaag. is dit moontlik om so vinnig, so lief vir iemand te raak? ek weet nie.


in elk geval, my een ontvangsdame is swanger en dis depressing - dit behoort ek te wees. kan ek kinders kry? dit lyk onwaarskynlik. is dit regtig so belangrik? nee. en ja.

No comments: