Ek is nie meer seker van enigiets nie, maar dis goed.
Het vandag my pa gebel (dit is Vadersdag) en soos gewoonlik net 'n paar minute gesels voor hy sĂȘ: "Nou maar oukei, my kind." Dis die internasionale signal vir my-pa-kan-nie-langer-as-vyf-minute-oor-die-foon-praat-nie. Dit was goed om weer met hom te praat; hy klink gelukkig.
Gisteraand het ek N gaan "red" - hy was in 'n moeilike situasie en nie mooi seker hoe om homself daar uit te kry nie. Dit voel goed om ook darem iets by te dra; dit voel partykeer asof ek 'n las is wat hy opgeneem het. Hy hanteer dit goed maar ek voel skuldig oor ek nie so onafhanklik of sterk is soos ek voorgee nie.
Ek is in 'n goeie bui. Wonder of ek hom vanaand sien? Dit raak laat. Seker nie. Maak ook nie saak nie. Ek gaan nou-nou vir my 'n koppie tee maak en kyk wat is op tv.
Oja! Ek het weer na die stripper-storie gekyk. Dis deurmekaar maar daar is dele waarvan ek baie hou. Dit gaan seker 'n week of wat vat om alles uit te sorteer, maar dis oukei - ek het baie tyd. Klaar geswot! Hopelik.....
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment