Wednesday, June 18, 2008

lewe nog

Ja, die lewe gaan aan. Tussen werk en gym en depressie is daar seker nie veel tyd vir ander dinge nie, of hoe? Maar ek is okay.
Intussen stuur ek nog "check the moon" sms'e vir N, en kry darem 'n reaksie. Ek hou baie meer van die sogenaamde verhouding noudat ek nie meer IN 'n verhouding met hom is nie. Baie makliker om sommer net my oë te rol of weg te kyk as hy weer in 'n rigting indonner. Ek hoef nie aandagtig te luister nie. Ek hoef nie te maak asof ek belangstel nie. Ek hoef nie anxious te raak as hy (weereens) laat opdaag vir 'n koffiedate nie. En dit was goed om Jonathan weer te sien.
Hmm. Korea. Dit begin soos 'n definitiewe opsie lyk, maar nie binne die volgende jaar of twee nie. N sê hy is jaloers op my: omdat ek kan gaan, as ek wil. Daar is niks wat my hier hou nie.
En dis waar. Ek is 'n vrye agent, ek kan kom of gaan soos ek wil en niemand sal my nou juis mis as ek weg is nie. En ek is nog jonk - time is on my side.

No comments: