Saturday, September 02, 2006

donkerte

isabel voel partykeer asof sy in 'n diep donker gat is, waarvan sy nie die bo-punt kan sien nie. dis al van kleintyd af so, en sy het eintlik daaraan gewoond geraak. toe sy die eerste keer 'n artikel oor depressie lees, het alles skielik sin gemaak. haar ma se afhanklikheid van antidepressante het haar egter baie gepla, en sy was vasbeslote om nooit self antidepressante te gebruik nie. bowendien het haar oupa selfmoord gepleeg 'n maand of wat voor haar geboorte, en dit was moeilik om dit nie as 'n rejection te sien nie.
haar lewe het egter snaakse draaie geloop, en dit het moeilik geword om soggens uit die bed op te staan. moeilik om met mense te praat. moeilik om asem te haal (net deels te danke aan haar rookgewoonte). tot sy op 'n dag besef: geluk is 'n wilsbesluit. die verlede is verby. en as jy glimlag, glimlag mense gewoonlik terug. love & light.
toe word sy 'n optimis, en 'n ekstrovert, en glimlag vir almal, en gesels ure lank met ou tannies - en dit het gewerk. tot dusver.
wie weet? dalk is daar 'n pot goud aan die ander kant van die reƫnboog. dalk dans feetjies op maanligaande om die kameeldoringboom in haar agterplaas. dalk is liewe heksie nie so dom as wat sy lyk nie.
daar is baie moontlikhede.

No comments: