Die kunsklasse help regtig. Dis asof my kop oopmaak en die weirdste goed kom uit. 'n Deel van my brein wat ek nie elke dag gebruik nie, word wakker. En as ek so voel, moet dit selfs erger vir N wees.....
Ek het 'n paar dae gelede my ma geskets - eteries, bleek, oud - lyk bietjie soos my ouma. Soos ek haar onthou, in daardie laaste paar dae. Vandag het ek my pa probeer teken - heelwat donkerder hale, meer plooie, meer emosie in my hand op die houtskool. Ek het die laaste tien jaar meer op my ma gefokus: haar pyn was alles. Maar wat van my pa?
Noudat ek en N saam is, verstaan ek die pa-ding beter. 'n Pa moet sorg vir sy kinders. Dis hoe dit behoort te wees. Beteken dit die vader-figuur moet elke dag daar wees? Wel, ek sal nooit weet nie. N dink seker omtrent elke oomblik van elke dag aan sy kinders, en dis amazing. Die kunsklas mobile (tattoo needles aanmekaargesoldeer, met foto's van kunswerke en klein goetertjies wat sekere eienskappe van die kinders uitbeeld) word eers Saterdag gemaak en ek kan nie meer wag nie. Is sommer opgewonde.
Op 'n positiewe noot: ek het vandag vir die prokureur 'n email gestuur - wil hierdie donnerse egskeiding nou uitsorteer en verbykry. Dinsdag met Marna gepraat en sy was heel resigned met die hele idee dat T dalk weer by hulle sal gaan bly. Bly ek is nie sy nie.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment