Sunday, August 05, 2007

vrydagaand

Amazing aand gewees - eers drinks by Fausto's (3 Jägermeisters met red bull), toe die Simpsons movie - toe terug Fausto's toe vir tequila & foccaccio. Baie tequila. Oorgenoeg. En cherry cigars. En koffie. Eugene was saam - het met sy ph.d en sy lang hare gesit en rook en die wêreld gadegeslaan. N was happy, en rustig. Ek ook.
Later het ons na sy woonstel teruggegaan, en hy het my oorreed om oor te slaap. En met Eugene in die volgende kamer het ons geslaap - en wakker geword - en weer geslaap. Idillies.
Die volgende oggend was dit koffie en beskuit, toe huis toe.
Hulle was so pas weer hier; ek het N genooi vir aandete en hy het Eugene saamgebring. Ek kan nog steeds niks proe nie maar hulle het gesê dis lekker. Eugene rook te veel, vermoed hy het baie stres. Slegte hoes.
Dit was goed om N weer te sien, wens net hy kon langer bly. Sondagaande is ook al 'n tradisie; beste manier om 'n naweek te eindig is in sy arms.

No comments: