Monday, February 19, 2007

verlore

isabel se maatjie gaan haar verlaat - wegvlieg soos 'n migrerende voël wanneer die seisoen van haar lewe verander. maar dis okay. isabel sal dit ook oorleef. haar maatjie moet haar vlerke sprei, grootword op 'n ander plek. ousus het alles gedoen wat sy kan, en sy vertrou dat alles oukei gaan wees.
maar sy gaan haar mis!
isabel ontmoet deesdae mans: baie. oor die internet, nogal. sy het 'n profile op 'n webwerf geskep en 'n hele paar mans was al geïnteresseerd genoeg om vir haar te skryf. sy het 'n genie ontmoet, maar is bang dat hy nie in haar sal belangstel nie (sy is, na alles, heeltemal TE regterbreindominant vir hom...). 'n ander ou wat belowend gelyk het, het nie 'n subskripsie nie. nog 'n ander een wou haar bekeer - en die here weet, dis heeltemal te laat vir daai een.

No comments: