Tuesday, April 01, 2008

hello - weer

my lewe is al weer deurmekaar. weet nie meer nie. niks maak sin nie. darem vandag goeie nuus gekry: lapa uitgewers wil heel moontlik my manuskrip publiseer. ek is nogal opgewonde, maar wil nie te gou bly raak nie. daar is in elk geval soveel ander goed wat my aandag verg....

ek weet nie wat om te doen nie. is hy lief vir my? het hy my nodig? het ek hom nodig?

verdomde troue is agter die rug, en daar was soveel familie-politiek dat dit skoon onaangenaam was. die bruid het mooi gelyk. die kos was lekker. ek het tussen n. en die bruid se broer gesit. en die volgende dag het ek gecrash. migraine pille gedrink en gaan slaap - en twee ure later sit ek in die bloedige son en kyk hoe groot mans op motorfietse rondry. eintlik geniet ek dit maar dit het omtrent 4 ure aangehou en ek het nie baie goed gevoel nie.

n. en ek is op 'n week se time-out - weet nie eintlik wat dit beteken nie alhoewel dit my idee was. ek weet net ek kan nie so aangaan nie. ek moet kan asemhaal, en vry rondbeweeg, en vroeg gaan slaap, en laat opstaan. ek kan nie my hele lewe net so aan hom oorgee nie. dan laat ek toe dat hy my lewe - en my toekoms - dikteer.

not cool.

No comments: