die koue oorlog het nou 'n piek bereik. moontlik is daar sprake van rekonsiliasie. ek vergewe - maar ek vergeet nie. my geheue is lank en ek wil nie weer seerkry nie.
wie se skuld was dit?
waar het dit begin?
geen mens weet nie. ek ook nie. weet net ek kan sonder hom lewe maar ek is so gewoond aan sy asemhaling in die nag. en 'n hele jaar..... hoe gooi mens daardie tyd net so weg? hoe skakel jy jou gevoelens aan of af? en hoeveel keer moet ek terugkruip na ek soos 'n hond weggeskop is; hoeveel keer moet ek vergewe en vergeet en maar weer gebliksem word? hoeveel is te veel?
daar was geen fisiese geweld nie. net woorde. maar dis erger, vir my. woorde is my lewe, my asem. my eerste tattoo was die frase "once upon a time", onder my regterarm. naby my lyf maar ver van my hart. onder my vel, in elk geval. woorde maak seer.
as dit vir hom so maklik was om my weg te gooi - en so moeilik om te aanvaar dat ek moes weghardloop, net vir 'n rukkie - is daar hoop?
en tel sms'e as dialoog? want dan beteken dit ons "praat" ten minste oor ons gevoelens. weet nie of daar 'n happy ending vir hierdie een sal wees nie.
isabel het al genoeg gebloei; nog is onnodig.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment