oja, "isabel" word tentatief in 2009 gepubliseer. dineke by lapa uitgewers het heel positief geklink. ek het net 'n helse klomp veranderings om te maak - dinge wat die hele storie gaan affekteer, so..... hou maar duim vas!
dis nogal moeilik om weer deur alles te werk, dinge wat ek oor my ma geskryf het ensovoorts. moeilik om te dink ek was 3 jaar gelede so deurmekaar en so depressief. is ek nou beter? hmm. nie seker nie. die medikasie help - maar maak ook ongelukkig dat ek nie meer in daardie space is waar ek "isabel" geskryf het nie. baie water onder die brug, in die laaste paar jaar. dis beter om nie so lank na die tyd terug te gaan na wat jy toe geskryf het nie. alles lyk belaglik, en dit maak seer.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment