Tuesday, April 08, 2008

mind over matter: never mind, it doesn't matter

dis soos om te skei: jy lê in die donker, jou oë opgeswel, terwyl jou kop draai en draai - jy gaan deur elke gesprek, ondersoek elke woord, elke nuanse van betekenis in hoe hy sy kop gehou het toe hy --
maar nee. jy dink: fok dit. jy besef: jy het dit wragtag nie nodig nie. jy is meer werd. hy kan optree soos hy wil maar JY - jy self bepaal hoe dit jou affekteer. of nie.
en dan hou jy op met huil, en jy kan weer praat. selfs in sy geselskap wees, skerts en lag en bydra tot die gesprek - sonder om pateties te wees of in trane uit te bars. en die wete maak jou sterk; sterker. jy kan weer alleen wees en dis 'n seën. om sy kinders te hê sou absolute malligheid gewees het - goddank jy het nie. jy hoef nie meer bang te wees dat hy jou gaan los nie. jy het HOM gelos. cool.

No comments: